Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word.

Algemene Sinode 2015: ’n Baken van hoop

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr Gerrit Engelbrecht, emeritus-leraar van die Strand, skryf:

Dit word dikwels genoem dat ons mekaar as medegelowiges in Christus moet raaksien en dienooreenkomstig met mekaar moet omgaan. Ek wil ook nie aanhou teruggaan na die verlede nie, maar die feit is dat die Algemene Sinode van 2015 op ‘n besondere manier uitdrukking gegee het aan hierdie oproep.

Daarom bly dit vir my so onbegryplik dat die Algemene Sinode van 2016 hierdie besluite herroep het. Aan sekere lidmate word nou buiten hulle geloof in en navolging van Jesus Christus, ook nog ander vereistes gestel deur persone wat nie hierdie vereistes vir hulleself stel nie (soos bv om selibaat te leef).

Ek vermoed dat daar baie lidmate in die NG Kerk is wat nooit blootgestel is aan die skitterende verslag oor selfdegeslagverhoudings van die betrokke Taakspan wat deur die Sinode van 2015 goedgekeur is nie, of die Skriftuurlike uitgangspunte ten opsigte van burgerlike verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag nie.

Omdat hierdie besluite anders was as die gangbare siening vir baie jare in die NG Kerk, het die Sinode van 2015 gevra dat gemeentes bemagtig en begelei word in hierdie saak deur gemeenteleiers. As gevolg van, onder andere, die skielike omkeer in 2016, het hierdie begeleiding in baie gemeentes nooit plaasgevind nie.

Die Algemene Sinode van 2015 sal vir die NG Kerk ‘n baken bly van die hoop dat die evangelie konsekwent kan deurwerk in die kerk, soos in die verlede, so ook nou weer. Dis ‘n moeilike pad, en gaan dikwels gepaard met selfverloëning en kruisdra.

Dit sal ook vorentoe ‘n simbool bly van die omhelsing van die diversiteit in die NG Kerk, ook in sy omgaan met lidmate in selfdegeslag verhoudings. Die oproep om vir mekaar ruimte te hê, is juis ‘n oproep om mekaar volledig as medegelowiges te aanvaar.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top